Quantcast
Channel: Afrikaanse Boeke
Viewing all articles
Browse latest Browse all 185

Dit Is Donkermaan (Afrikaans Edition)

$
0
0

Elke skrywer, of dit nou nie-fiksie of fiksie is probeer om aan die leser ʼn eksemplaar van unisiteit te bied. Ook is dit my strewe. Die vraag is egter hoe bereik jy as skrywer daardie unikum eksemplaar as daar reeds miljoene eksemplare bestaan oor dieselfde onderwerp? Leerskole in hierdie vakgebied sê dat jy moet kreatief wees … nie dat hulle altyd weet wanneer is iets kreatief nie of selfs die woord verstaan nie. “Dink buite die boks,” sê hulle. Ek glo dat elke eksemplaar van elke skrywer uniek is. Dit maak nie saak of u as leser dit afgradeer na rommelstatus nie … vir die skrywer was dit op daardie oomblik sy beste werk en volgens hom/haar ʼn topverkoper. So is dit ook met hierdie boek … bedoelende natuurlik as my beste werk op die oomblik en definitief ʼn topverkoper! Dit is ʼn spannings- misdaadverhaal maar tog anders as die normale. Moet nie verwag dat die misdadiger aan die einde gaan erken dat hy /sy die misdaad gepleeg het nie en nou ʼn lang verduideliking gee hoekom hy/sy dit gedoen het nie. Party leerskole leer jou dat alles opbou tot die einde en dan skielik breek die speurder die misdadiger en erken dan alles … in hierdie storie beslis nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 185